Gru-ongeluk op die nuwe jaar

BRITS – Die HEMS-span het Maandag gereageer op ‘n ongeluk tussen twee voertuie op die R511 Thabazimbi-pad. By hul aankoms is verskeie pasiënte met ernstige beserings op die toneel gevind. Al die pasiënte is behandel en na ‘n hospitaal in Brits vervoer vir verdere behandeling. Dankie aan alle noodeenhede betrokke vir verkeersbeheer en toneelopruiming.