Reaksie span laat misdadigers die veld in hardloop
MAMOGALESKRAAL – Dinsdag aand was Secure Guarding gekontak deur ‘n lid van gemeenskap dat by hulle hek, vier verdagtes was wat hulself in die perseël probeer in forseer .
Die reaksie span het dadelik met drie voertuie gejaag na die perseël en met die aankoms om 20:20 het die verdagtes gevlug deur die lande in die rigting van die treinspoor wat naby die plaas is. Daar is kontak gemaak met die dame en haar kinders, gelukkig was almal ongedeerd.
Die reaksie span se voertuie het die area verder gefynkam maar kon niks kry nie. Inwoners word gewaarsku om waaksaam te wees geduurende die nag sowel die dag vir misdadigers.