Lekker gekuier op ‘Die Ou Plaas’
BRITS – Vrydag het die HEMS span en Station 21 Fire & Rescue by Die Ou Plaas kleuterskool gaan kuier! Die maats het gekyk hoe lyk dit binne ‘n ambulans asook die Brandweerwa. Die kleuters het groot pret gehad met die skuim. Dankie aan die span wat die dag so vreugdevol gemaak het vir die kinders! Julle is tops!