Meer as 30 slagoffers gered in Benoni
GAUTENG – Die polisie in KwaZulu Natal, in samewerking met die nasionale polisie, het drie-en-dertig (33) slagoffers van mensehandel gered en een verdagte gearresteer. Die slagoffers is in ‘n huis in Benoni aan die Gautengse Oos-Rand gevind. Die steekoperasie het Sondagaand plaasgevind.
Robert Netshiunda, KZN-polisiewoordvoerder, sê speurders van KwaZulu-Natal was besig om ‘n verdagte op te spoor in verband met ‘n saak van ontvoering verlede week in Springfield Park. “Ondersoeke het die polisie na ‘n huis in Benoni gelei en saam met ander nasionale polisie-spesialiseenhede gelei, die huis is takties binnegedring en drie-en-dertig manlike slagoffers is beknop in die huis gevind en een verdagte is gearresteer,” sê Netshiunda.
Netshiunda voeg by die ouderdomme van die slagoffers moet nog bevestig word. Die verdagte sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.