Afriforum Brits en Aequitas Sekuriteit span saam
BRITS – Afriforum Brits se protospan en Aequitas Security het op 28 November 2023 inligting ontvang van ‘n gekaapte voertuig in Brits. Reaksie is ontbied en die gekaapte voertuig is binne minute opgespoor, die Polisie is in kennis gestel en die toneel is oorhandig aan Brits SAPD.
Afriforum Brits tak wil graag sy protospan, Aequitas Sekuriteit en Brits Polisie bedank vir hulle spoedige optrede. julle manne doen puik werk!