Massiewe skade toe brand deur gastehuis verwoesting saai
HARTBEESPOORT – Sondag het die HEMS-span ‘n oproep ontvang van ‘n gastehuis wat in die Hartbeespoort-omgewing aan die brand geslaan het. HEMS en ‘Station 21 Fire & Rescue’ het dadelik op die oproep gereageer. By aankoms op die toneel was die brand reeds tussen groei en volledig ontwikkelde stadium.
In samewerking met Madibeng Brandweer is die brand geblus voordat dit na ander nabygeleë eiendomme versprei het. Die brand het ernstige skade aan die eiendom gelaat, gelukkig was daar geen beserings nie. Dankie aan die bemanning en alle dienste op die toneel. Die voorval word ondersoek.