Botsing laat ‘Duster’ op sy lê

BRITS – Sondag het die HEMS-span en Stasie 21 Brandweer en Redding gereageer op ‘n oproep van ‘n ongeluk tussen twee voertuie op die R511- en R514-kruising. By hul aankoms is twee pasiënte met matige tot ernstige beserings gevind. Die pasiënte is op die toneel behandel en het ‘n hospitaal in Brits vervoer vir verdere behandeling. Dankie vir almal op die toneel!