Vragmotor vs voertuig botsing, twee beseer

BRITS – Die HEMS span het ‘n oproep ontvang van ‘n ongeluk tussen ‘n ligte motorvoertuig en ‘n vragmotor op die Letlhabile-pad. By hul aankoms is twee pasiënte met matige tot ernstige beserings gevind. Die pasiënte is op die toneel behandel en na ‘n hospitaal in Brits vervoer vir verdere behandeling. Dankie aan almal op die toneel wat gehelp het met beheer en skoonmaak.