Jaar later, geen oplossing vanaf Madibeng

BRITS – Op die hoek van Reitz straat en De Witts laan in Brits sit daar ‘n gat, en dis die wiel in die gat en die gat in die grond en die groen gras groei daarom! Altans, dis hoe die liedjie sou gaan.

Die realiteit van die saak is altans nou nie ‘n grap. Die Madibeng Munisipaliteit is al ‘n jaar hard aan die werk om niks te doen om ‘n slaggat wat vele vragmotors en voertuie beskadig het, reg te maak.

In die hitte golf wat ons ervaar die afgelope twee weke word vir die mense van ons gemeenskap gewaarsku om spaarsamig water te gebruik omdat die opgaar damme te vinnig leeg word. Almal doen hul deel om die impak te verlig, maar selfde kan ongelukkig nie gesê word van die Madibeng Munisipaliteit.

‘n Water meter wat se pyp gebars het naby ‘n besigheid in De Witts laan het ure water gemors voordat die kleppe toe gedraai is. Die probleme het nie net by die mors van water gestop nie maar omrede die storm water drein toe geval en geblok is naby die water lek, moes die water verby vloei af in die straat, alle slaggate in die 4 rigting stop volloop en verder af in De Witts laan by ‘n ander storm water drein invloei.

Meer skade is deur die dag aan die pad oppervlakte gerrig wat sekerlik nog ‘n jaar sal neem voordat iets aan die probleem gedoen word. Geen herstel tyd kon gegee word vanaf die Madibeng Munisipaliteit van waneer die slaggate en storm water drein sal herstel wees.