Afriforum Brits ry patrollie saam Mamogaleskraal

BRITS – Afriforum Brits het Vrydag 17 November 2023 saam met die gemeenskap van Mamogaleskraal ‘n bewusmaking patrollie gery. Mamogaleskraal loop al vir ‘n geruime tyd deur verskeie misdade en Afriforum Brits wil graag help deur hande te vat saam met die gemeenskap van Mamogaleskraal.

Afriforum Brits Tak wil graag al sy lede, die inwoners van Mamogaleskraal en Secure Guarding bedank wat betrokke was by die suksesvolle patrollie.