TRANSNET koop gewere en ammunisie

GAUTENG – Transnet Freight Rail (TFR) beoog om teen volgende maand ‘n tender uit te reik vir die verkryging van ammunisie, insluitend handwapens en langerafstandwapens, vir sy interne sekuriteitspersoneel te midde van groeiende frustrasie oor toenemende kabeldiefstal en vandalisme van sy infrastruktuur.

Marius Bennett, GM vir veiligheid en sekuriteit by TFR, sê dit is daarop gemik om misdadigheid en diefstal hok te slaan. Sekuriteitsverwante voorvalle het die staatsbeheerde spooroperateur R3,7 miljard se inkomste vir die 2022/23-boekjaar gekos en sake moet vanuit ’n meer drastiese oogpunt bekyk word om die miljarde rande wat die maatskappy verloor het, hok te slaan.