Groot skade na haelstorm Midrand deurloop
MIDRAND – Motoriste het Maandagaand sosiale media oorstroom met video’s van hul skade wat deur die onverwagte hael aan voertuie en eiendomme aangerig is. Die storm het Maandagaand omstreeks 18:00 dele van Midrand getref.
Joburg EMS-woordvoerder Robert Mulaudzi sê amptenare het ‘n besige nag gehad om op noodgevalle te reageer. “Die amptenare van die Stad Johannesburg se noodbestuursdiens was Maandagaand besig om te reageer op ‘n haelvoorval wat meestal dele van Rosebank, Paulshof, Midrand, Braamfontein, Marlboro en die meeste dele van die stad Johannesburg geraak het.
“Meestal was die berigte oor die skade aan voertuie, daar was ’n voorval van ’n huishouding wat in Marlboro oorstroom is en ons het daarin geslaag om die families by te staan om die water saam met die gemeenskappe in die area te dreineer,” sê Mulaudzi.
Dele van die Southern Sun-hotel in Rosebank is ook deur die hael geraak. “Daar was ‘n voorval van dak ineenstorting maar daar is geen beserings aangemeld nie. Ons doen ‘n beroep op motoriste om versigtig te wees terwyl hulle bestuur en inwoners in laagliggende gebiede om te probeer vermy om rivierstrome oor te steek.” sê Mulaudzi.