R1,4 miljoen ‘n maand vir ‘n ‘Shack’-oproepsentrum

VRYBURG – ‘n Munisipaliteit in Noordwes het ‘n verbysterende R38 miljoen uitgehoes vir ‘n voorafvervaardigde struktuur wat hy as ‘n oproepsentrum gebruik. Die struktuur, wat in Vryburg in die Dr Ruth Segomotsi Mompati-distriks munisipaliteit gebou is, is as die “duurste mkhukhu” genoem.

Dit het groot opskudding in die munisipaliteit veroorsaak met bronne wat beweer dit is die gevolg van tender-korrupsie. Volgens die fakture wat verslaggewers gesien het, betaal die distriks munisipaliteit ondanks die besteding van meer as R38 miljoen aan die konstruksie, ook maandeliks sowat R1,4 miljoen vir die toerusting wat binne die oproepsentrum gebruik word.

Die Vryburg-“inbelsentrum” bestee tot R1,4 miljoen se maandelikse fooie vir die toerusting wat nodig is om die sentrum te bedryf. Die maandelikse gefaktureerde bedrae vir die oproepsentrum toerusting was soos volg:

• R258 974 vir 8 Lenovo desktops
• R524 435 vir motor radio’s in die noodvoertuie
• R324 566 vir handtoestelle walkie-talkies
• R3 758 vir 8 rekenaar muise
• R6 800 vir 8 sleutelborde
• R36 952 vir 8 “Logic Pro” oorfone
• R16 253 vir 1 ‘Huawei Router’
• R24 910 vir ‘Fibre en Internet’