Laerskool Brits se uitstekende gholf seisoen

BRITS – Laerskool Brits se Gholfers beleef hierdie jaar ‘n uitstekende gholf seisoen! By die Noordwes interskole Kompetisie wat Maandag by Magaliespark gehou was, het die Britsies behoorlik koning gekraai.

Die Eerstespan Seuns het die A-liga IPS kompetisie gewen en die Tweedespan Seuns het die B-liga IPS en Zero kompetisie gewen.

Divan Werner was die algehele IPS Seuns wenner. Drie van Laerskool Brits se spelers – Divan Werner, Jandré Gouws en Jeanné Fourie is gekies om Noordwes te verteenwoordig by die Individuele Interprovinsiale Toernooi in Desember. Baie geluk!