Huis-brand eis die lewens van jong gesin

ZANDFONTEIN – Die HEMS-span het ‘n oproep van ‘n huisbrand in die Zandfontein-omgewing naby Hartbeespoortdam, by Purple Moss ontvang omstreeks 21h00 op 29 Oktober 2023.

HEMS asook Station 21 het dadelik op die oproep gereageer en na die toneel gehaas. Met hul aankoms was daar ‘n aktiewe brand wat die deur struktuur verwoesting gesaai het. In samewerking met die Madibeng Brandweer span, is die brand geblus. Die brand het ernstige skade aan die struktuur aangerig.

JP Bingham, 26, Esme Labotske, 25 en hul drie kinders, Benjamin, 8, Marinique, 3 en Luané 2, was in die brandende gebou vasgekeer en kon nie die veiligheids-deur se sleutel vind in tyd nie. Hulle almal is op die toneel dood verklaar. Ons innige meegevoel met die familie se verlies. Dankie aan alle nood-eenhede op die toneel. Die brand word tans ondersoek.