Gru-ongeluk eis twee, een ernstig beseer op Rosslyn pad, R566

*Waarskuwing: Sekere prente kan vir sensitiewe lesers as grafies beskou word.*

BRITS – Net na half 12 vanoggend word beweer dat twee (2) mense hul lewens verloor het en een (1) persoon ernstig beseer is in ‘n tragiese ongeluk op die R566 Rosslyn pad net anderkant Doornplaat. Daar word verneem dat die BMW motor die vragmotor getref het waarna die vragmotor van die pad af, in die veld omgeval het en die BMW motor aan die ander kant van die pad in stukke amper aan die brand geslaan het.

Wrak stukke van albei motor en vragmotor het oor die pad gelê asook die lyke van die slaggoffers wat in die ongeluk oorlede was. Hartbeespoort Emergency Medical Service saam met Station 21 was spoedig op die toneel om die slaggoffers hulp aan te bied. Baie dankie aan die verkeers beamptes wat die motors van die ongeluks toneel af weggelei het. Die pad is tans nog toe maar verkeer kan aan die kant van die veld verby ry om die toneel.

Motoriste word daarop gelet asook gewaarsku om asseblief julle oë op die pad te hou en nie kanse te vat nie. Ongelukke kan in ‘n oogwink gebeur. Innige meegevoel aan die families wat geliefdes verloor het.