BREAKING NEWS: Maak gereed vir koue, nat weer hierdie week
BRITS – ‘Staan julle huis nog?’ – Dit was talle se vrae na die haelstorm wat Sondag middag 29 Oktober 2023, verby Brits oor na Hartbeespoort en verder na Pretoria toe verwoesting gesaai het. Berigte van hael wat die grootte van gholfballe was geduurende die storm is orals op sosiale media gedeel. Daar is ernstige skade aangemeld van huisdakke wat stukkend geslaan is en motors wat beskadig is deur die massiewe hael.
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWS) het gewaarsku teen ‘n koue klap wat na verwagting vandeesweek nat en winderige toestande oor dele van die land sal bring. Erge donderstorms, wat tot rukwinde kan lei, word in Noord-Wes, Gauteng, die noordelike dele van KwaZulu-Natal, Mpumalanga, Limpopo en die Vrystaat verwag.
Daar word ook erge donderstorms verwag oor die westelike dele van die Noordwes-provinsie, wat oor die Noord-Kaap versprei, met ontwrigtende sneeu wat steeds by die Drakensberge oorbly. Koue toestande sal na verwagting Noord-Wes, Gauteng, Vrystaat, Mpumalanga en Limpopo raak.