Biologiese pa gearresteer vir die verkragting van ‘n een maand-oue baba
BRITS – Die polisie in Brits het ‘n 31-jarige man op Donderdag, 19 Oktober 2023, in hegtenis geneem vir die beweerde verkragting van ‘n een maand oue baba dogtertjie, in Krokkodildrif-Wes, Brits.
Volgens berigte was die baba se ma, 27 jaar oud, besig om kos buite die huis voor te berei terwyl die pa binne geslaap het met die baba langs hom. Die ma het skielik die baba hoor huil en het toe sy inkom opgemerk dat iets fout is aangesien die pa en die baba uitgeklee is. Die verbaasde ma het om hulp geskree en een van die bure het gereageer en uiteindelik die polisie ontbied. Die baba is na die Brits-hospitaal geneem vir mediese ondersoek en daarna opgeneem.
Die verdagte is gearresteer en sal na verwagting Maandag, 23 Oktober 2023 in die Brits-landdroshof verskyn vir verkragting. Die provinsiale polisiekommissaris, luitenant-generaal Sello Kwena het hierdie skokkende voorval in die sterkste moontlike terme veroordeel en die polisie en lede van die gemeenskap toegejuig vir hul vinnige reaksie wat tot die arrestasie gelei het.