Sies! Hoe hanteer jy jouself in die publiek?

BRITS – Gister middag omstreeks 14h00 is twee verdagtes gewaar deur talle motoriste onder die treinspoor brug by Panorama Spar wat vulgêr woorde vir motoriste geskree het. Toe die twee genader was, het die een met sy rooi hemp gou sy swart baadjie uitgetrek, ‘n klip opgetel en die mense begin dreig en intimideer. Daar was dadelik gereël op die sektor groepe dat sekuriteit personeel die voorval ondersoek. Die twee verdagtes was vasgetrek net na die ingang van Thatch Haven op Carel de Wet straat. Na ondervraging deur Protego reaksie was bevind dat dwelms wel ‘n rol gespeel het in die manier hoe die twee verdagtes hulself gedrae in die publiek. Dit is die tweede voorval waar hulle betrokke was vir vulgêr gedrag in die gemeenskap. Op die groepe was genoem van ander voorvalle van hul swak gedrag in Elandsrand wat deur inwoners waargeneem word. Die twee verdagtes word wel dopgehou hoe hul hulself handhaaf in die samelewing. Baie dankie aan Protego Security Group wat spoedig op die toneel gereageer het om die twee vastetrek.