BREAKING NEWS: Optog teen Plaasmoorde – Brits

BRITS – Petrus Phakamile Sitho, ‘n aktivis teen plaasmoorde, het Brits op 10 Oktober besoek met ‘n vreedsame optog van boere en gemeenskap lede om vir die Minister van Polisie, Bheki Cele ‘n memorandum te oorhandig teen plaasmoorde in die omgewing. Die Minister van Polisie, Bheki Cele en Noordwes Provinsiale Kommissaris, Lt Gen Kwena saam die bestuur van Brits polisie het die memorandum ontvang van die Brits Boere gemeenskap wat ‘n beroep doen op Minister Cele en die SAPD om hul polisiërings fokus en hulpbronne aan #PlaasMoorde te verskaf. Die aktiviste sê hulle is bereid om saam met die polisie te werk om plaasaanvalle te takel. Bheki Cele het die aktiviste aangespreek en vertel dat die veiligheid en sekuriteit van landelike boerderygemeenskappe ‘n prioriteit vir die SAPD bly. Daar is reeds tussen 1 April en Junie 2023, 14 mense op plase vermoor. Die Nasionale Landelike Veiligheidstrategie wat in plek is, beklemtoon onder andere die betrokkenheid van gemeenskapstrukture soos die GPF, om saam met die SAPD te werk vir beter resultate. Asook die deel van hulpbronne, veral aangesien baie landelike stasies met personeel en hulpbron uitdagings te doen het. Baie dankie aan almal wat tyd gemaak het om betrokke te wees by die optog, asook vir die vreedsame gedrag wat elkeen gehandhaaf het.