Wagpos leerders leer van “Hydro-seeding”

BRITS – Die Graad 10 en 11 Landboubestuurs leerders van Hoërskool Wagpos het op die 26 September 2023 Eragrostis tef deur middel van ‘n “Hydro-seeding” tegniek geplant – net voor die lekker reëntjie wat geval het! Baie dankie Waltman Botha en jou span vir julle masjiene wat die leerders uiters baie geniet het om van te leer. Wat is “Hydro-seeding”? Eenvoudig gestel, “Hydro-seeding” is ‘n tegniek wat ‘n gespesialiseerde gras “slurry” eweredig oor kaal grond versprei om gras te laat groei en gronderosie te voorkom. Hierdie mengsel bestaan ​​uit grassade, deklaag, water, kunsmis, biostimulante en soms groen-getinte kleurstof. Dit is ‘n slim mengsel, want die kunsmis bevorder groei, die deklaag bind die sade aan die grond, beskerm hulle teen die elemente (soos wind of te veel sonlig), en voeg uiteindelik ekstra voedingstowwe by deur op die groeiende gras te ontbind.