Afriforum Uitsig saam met SAPD trek misdadigers vas
GAUTENG – Op 23 September het lede van die AfriForum Uitsig Buurtwag saam met ITR Sekuriteit ondersoek gaan instel by ‘n huis waar persone onwettig die huis bewoon, nadat daar in die vroeë oggend ure ‘n huis se hekmotor gesteel was. Op die perseel was 6 mense gekeer en ‘n 7de persoon het later ook by die perseel aangekom. Verskeie items, vermoedelik gesteel saam met verskeie wapens, dwelmpype en items van die SANW was op die perseel gekry. Ongelukkig was die gesteelde hekmotor nie gevind. SAPD was gekontak en reaksie was gegee deur SAPD Blitspatrollie, K9 eenheid sowel SAPD Parkweg Stasie. Die onwettige inwoners is deur die polisielede verwyder van die perseel af vir verdere ondersoek. Dankie aan almal betrokke. Saam staan ons teen misdaad in ons woonbuurte!

