Tragiese ongeluk voor die langnaweek
BRITS – Omstreeks 19h10 Vrydag aand was die HEMS span oppad na ‘n ongelukstoneel, toe een van HEMS se voertuie ‘n bakkie getref het op die hoek van Ludorf en Reitz straat. Die bakkie is met die hoë impak van die stamp deur ‘n muur en teen ‘n huis vas gegooi. Daar word verneem dat een persoon op die toneel dood verklaar is. Albei voertuie is met die ongeluk afgeskryf. Die pad is toegemaak terwyl die pasiënte behandel is vir beserings. Baie dankie aan almal wat vinnig op die toneel was vir die bystand en opruiming. Ons innige meegevoel aan die familie en vriende van die slagoffer.
Betrokke spanne:



