Twee beseer in botsing tussen motor en bakkie

VERULAM – Twee mense is Maandagmiddag beseer in ‘n botsing waarby twee voertuie betrokke was by die Wick & Toddstraat-kruising in die Verulam CBD. Lede van Reaction Unit South Africa het op die toneel opgedaag en ontdek dat ‘n silwer Opel Corsa en ‘n wit Isuzu-bakkie in die botsing betrokke was. Die bestuurder en sy passasier van die Opel Corsa het ernstige beserings opgedoen. Hulle is op die toneel gestabiliseer voordat hulle per ambulans na die hospitaal geneem was. Omstandighede wat tot die voorval gelei het, is nie vasgestel nie.