Sonkrag – ‘n Boer maak ‘n Plan!

BRITS – Oor die laaste paar jaar het die sonkragbedryf merkbaar vinnig gegroei. Sonkragtegnologie is nou ‘n bekostigbare alternatiewe energie-opsie. Dit is ook ‘n heeltemal betroubare elektriese stelsel. Dit sluit in om ‘n kostedoeltreffende primêre elektriese bron sowel as ‘n ekonomiese rugsteunkragverskaffer te wees. As ‘n besigheid-eienaar is een van die hoogste oorhoofse koste wat jy in die gesig staar met jou besigheid, die koste van elektrisiteit. Om op die kommersiële kragnetwerk afhanklik te wees, beteken ook dat jy onderhewig is aan elektriese koersskommelings soos beurtkrag. Skielike prysstygings voeg onsekerheid by jou besigheid, veral tot jou kontantvloeibestuur. Daar kan ook in ons omgewing aandag gegee word aan ‘n aantal besighede, wat tans besig is om oorteskakel na ‘n bekostigbare en lang termyn geld besparing oplossing teen beurtkrag. Deur hul eie elektrisiteit op te wek met sonkrag, kan besigheid-eienaars hul afhanklikheid van die krag netwerk (Eskom) verminder, geld spaar op hul energierekeninge en langtermyn finansiële voordele behaal vir hul besighede.