Fox-Tactical span help om gesteelde goedere te vind

GAUTENG – Daar is deur die loop van die nag by een van die fabrieke in die Alrode-omgewing ingebreek, Fox Tactical-span het ‘n ondersoek begin doen en beeldmateriaal op sekuriteitskameras nagegaan. Beamptes het daarin geslaag om die maatskappy se voertuig op te spoor en het gevind dat die gesteelde goedere daardie nag saam met die maatskappy se voertuig afgelaai is. Alle gesteelde goedere is teruggevind. Welgedaan aan alle sekuriteitsbeamptes tydens die voorval.