Padwerke sloer voort by Edelweiss-gebou
BRITS – Daar is ‘n ou-gesegde wat ek van kleintyd af kan onthou: “Daar is altyd genoeg tyd om iets oor te doen, maar nooit genoeg tyd om iets REG te doen nie.” Ongelukkig kan dieselfde gesegde toegepas word by die Madibeng Munisipaliteit. In die afgelope paar jare sal motoriste, inwoners asook ambulans bestuurders weet van die nagmerrie wat Kerk straat is naby Mediclinic in Brits. Die Madibeng Munisipaliteit met spanne werkers asook kontrakteurs buite Madibeng om dié stuk pad te herstel is. Die probleem sloer nog voort. Dus is daar altyd tyd om die werk oor te doen en meer geld te mors. Elke paar maande sal herstelwerk wat vir weke lank plaasgevind het, ‘n plas water in pad vorm en soos op fotos gesien word sal daar oopgegrou word en die herstelwerk sal eenvoudig doodloop. Die swak dienslewering weerspieel regoor Madibeng. Die Madibeng Munisipaliteit wat 7 en 8 September met herstelwerk besig was, is in kennis gestel deur vele inwoners van Brits, asook Munisipale raadslede, om die herstelwerk so gou as moontlik kla te maak.