Nog ‘n sinkgat ‘steek’ sy kop uit in Brits

BRITS – Motoriste word gewaarsku om die pad dop te hou omdat daar nog ‘n sinkgat gevorm het op die hoek van Rutgers en Prinsloo straat naby stokkiesdraai in Brits. Madibeng Munisipaliteit se sokkies was gou opgetrek na die vorige sinkgat laasweek groot skade aan twee voertuie gerig het. Die span was vinnig op die toneel gesien besig om herstelwerk te doen vanoggend.