Bakkie tref motor naby Thatch Haven, een oorlede
BRITS – Dit was ‘n normale Saterdag nes elke ander, waar daar gou gery was om die laaste paar kruideniersware inkopies te doen voor die naweek kan begin. Dit het tragies geëindig vir ‘n familie van Brits toe hul motor oppad Elandsrand toe, deur ‘n bakkie getref is wat deur lede van SAPS Brits gejaag was vanaf Thatch Haven. Die bakkie het die motor getref met ‘n geweldige spoed en albei motors was afgeskryf. Volgens ooggetuie, het die verdagte, ‘n buitelander wat in Oukasie woon, die bosse ingehardloop met die polisie agterna. Die Hartbeespoort Emergency Medical Service span was dadelik ontbied na die ongelukstoneel en met aankoms, die familie bystand gebied wat ernstig beseer was in die motor. Daar word verneem dat een persoon op die toneel dood verklaar is. Dit is onseker of die verdagte gevang is na die tragiese ongeluk. Die lisensie van die bakkie is ondersoek, waar die verval datum reeds 2019 was. Baie dankie aan Madibeng Brandweer, SAPS Brits, HEMS asook Big D Towing and Roadside Services vir die bystand en skoonmaak op die toneel. Ons innige meegevoel aan die familie en vriende van die slagoffer.