Wat ‘n gevaarlike draai, daar by Stokkiesdraai

BRITS – Dit was nou duidelik “blou-Maandag” vir twee motoriste Maandag aand omstreeks 19h10. Die eerste motoris het op die draai in Rutgers straat met sy Suzuki deur ‘n plas water gery, min wetend wat onder die water weg gekruip het. Die wiel van die motor het vasgehak in die riool sinkgat en die motor tot stilstand gebring ‘n paar meter verder. Die motor wou nie weer aansluit nie en met ondersoek is gevind dat een helfte van die motor se engin asook die wiel geskuif het van die slag. ‘n Paar minute later is ‘n Ford bakkie amper ingesluk toe die tweede motoris deur die ‘plas water’ gery het. Wat ‘n letterlike gemors. Gou was daar insleep-dienste op die toneel om die motoriste te help asook Secra Sekuriteit wat bystand gebied het. Daar was geen ernstige beserings op die toneel aangemeld nie.