Secure Guarding trek rower vas met helikopter
BRITS – Op Dinsdag, 29 Augustus 2023, ontvang Secure Guarding ‘n paniek alarm van een van hul wagte op Marikana myn wat deur mense aangeval word. Chris asook Stephen het dadelik die helikopter geaktiveer en gevlieg met Tango-2 reaksie voertuig na die myn. Met die aankoms om 16:30 was die wag ongedeerd gevind, maar die rowers het sy radio gevat en tussen die bosse in gevlug. Die radio van die wag was toe opgespoor 2km vanaf die myn waar dit deur die bosse beweeg. Veiligheids wagte was gelei na die ‘pin drop’ van die radio terwyl die helikopter agterna gevlieg het. Die bosse is deur gesoek vanuit die lug, maar die was te ryg. Die vlieënier het Chris afgelaai naby die radio se laaste ‘pin drop’ en dadelik weer op gestuig. Na ‘n kort soektog, het die helikopter een verdagte wat in die bosse weg gekruip het gevind. Met die helikopter wat laag oor hom hang het Chris hom te voet genader en hom beveel om uit te kom. Die verdagte is toe in hegtenis geneem en oorhandig aan die Marikana SAPS. In die verdagte se rugsak is verskeie roof instrumente gekry asook uniforms en ‘n yster saag waarme hulle myn kabels sny. Baie dankie aan Chris se vrou, Stephen, Secure Gaurding se wagte op die myn asook Ryno en Mnr. Eveleigh wat hulle gehelp het met die helikopter en soektog.