Leerders vaar goed gedurende ringbal kampioenskappe

BRITS – Hoërskool Brits is ongelooflik trots op vier Graad 8-dogters wat aan die SA Ringbal-kampioenskappe in Pretoria deelgeneem het vanaf 3-8 Julie. Zetske Bayer, Thilina Mabuza, Quenné Botha en Anri Bosch. Die dogters was in die Noordwes-oos 0/15A span en het 8 klipharde wedstryde gespeel die week. Hulle span eindig 4de in die liga. Thilina Mabuza en Quenné Botha is opgeneem in die Suid-Afrikaanse span (dit is die A-span) en Quenné is aangewys as kaptein van die span. Baie geluk Britsies!