Hoe moet mens nou so besigheid doen?
BRITS – ‘n Munisipaliteit van ‘n dorp is daar om te sorg dat die area wie onder hulle dienste beland die hoogste gehalte werskap sal kry om die dorp met trots te laat voorkom. Sodoende sal meer mense na die dorp trek, die gemeenskap sal groei en goeie dienste wat deur alle besighede gegee word sal die dorp laat floreer.
Dit is ongelukkig net ‘n droom wat talle inwoners en besigheid eienaars van Brits het. Die stadige reaksie tyd op herstelwerk van die dorp se infrastruktuur deur die Madibeng Munisipaliteit kan nie mis gekyk word nie. Besighede lei onder swak dienslewering. ‘n Goeie voorbeeld is op die hoek van De Ridder & Van Deventer straat waar ‘n waterppyp wat gebars het, water mors vir weke sonder enige ingryping vanaf die Munisipaliteit.
Die gemors van water het slaggate in die pad veroorsaak waar talle motors asook vragmotors daagliks deur ry en modder water op die kar handelaar se verkoops karre laat spat. As gevolg van die stadige diens wat gelewer word deur die Munisipaliteit, lei besighede in ons dorp skade in die proses. Daar is tans geen antwoord op ‘n tyd wanneer die gebarste waterpyp herstel sal word nie.