Vragmotor deur heining na remme onklaar raak

BRITS – Maandag het HEMS gereageer op ‘n ongeluk op die R511 Silkaatsnek-pad. Na bewering het die vragmotors se remme onklaar geraak, wat veroorsaak het dat dit die pad verlaat het en deur ‘n heining gebots het en ‘n struktuur getref het, wat daartoe gelei het dat die vragmotor omgeslaan het. Gelukkig was daar geen ernstige beserings nie.