BREAKING NEWS: Magalies Water oor Hartbeespoort dam dreinering

HARTBEESPOORT – Die ‘North West Times’ het laasweek Vrydag, 9 Junie 2023 – (nie April) – beweer dat ‘n plan deur die Departement van Water en Sanitasie goedgekeur is om die dam leeg te tap, aangesien dit die kwaliteit van watervoorsiening in die gebied wil aanspreek. Dit het die publiek vreeslik uitgelok wat daarop aandring dat dit vir “April Fool’s” as ‘n grap gehou was. David Magae, woordvoerder van Magalies Water, sê deel van die probleem waarmee hulle te doen het, is die negatiewe uitwerking van die Hiasint in die dam wat die water asook visse ernstig benadeel.
“Magalies Water het geen planne om die Hartbeespoortdam soos beweer te dreineer nie, wat as dit die geval sou wees strydig met die goedgekeurde waterhulpbronbestuur implementeringsplan sou wees,” voeg hy by. Magae sê die verslae is roekeloos, onverantwoordelik en oneties. Die publikasie het ook nie Magalies Water as implementerings agent namens die Departement of die Departement van Water en Sanitasie self ’n geleentheid gebied om hierdie bewerings, wat geen grondslag het nie, te bevestig en of te ontken wat Vrydag gemaak is.
“Magalies Water het in alle erns begin met sy werk aan die Krokodil-Wes opvanggebied, wat onder meer insluit die ondersoek en uitvoer van proewe oor verskeie metodes om die Hiasint uit die dam te verwyder en nie die waterhulpbron te dreineer soos beweer word nie.”