Verdagtes word gou vasgetrek na palisade gesteel word
BRITS – Secure Guarding was ontbied deur die eienaar van ‘n plaas geleë op Mamogalieskraal naby die graniet myn waar 20 pallisade panele gesteel was deur die vroeë oggend ure. Die reaksie span het opvolg werk gedoen oor die diefstal, asook om die verdagtes te probeer vastrek. ‘n Volskaalse ondersoek was geloots deur die loop van die dag en inligting was ingesamel oor die verdagtes.
Omstreeks 18:30 was twee (2) verdagtes vasgetrek met die bakkie vrag van 10 pallisade panele met samewerking van Brits SAPS lede. Die verdagtes is in aanhouding en die palisade panele is terug besorg aan die eienaar. SAPS sal verder ondersoek instel oor die ander 10 panele wat nog vermis word. Baie dankie aan Secure Guarding en SAPS Brits vir die spoed waarteen die verdagtes gevang is en die gesteelde goedere terug gevind is!