Sabotasie, beurtkrag dra by tot rou riool wat in Vaalrivier vloei
GAUTENG – Cholera-gevalle blyk al hoe meer te word nadat dit aan die lig gekom het dat meer as 20 mense reeds in Hammanskraal weens dié siekte gesterf het. Daar is reeds meer as 95 gevalle in dié area aangemeld en die Vrystaatse Provinsiale regering het bevestig dat daar ook gevalle in Parys en die Vredefort-area aangemeld is. Alhoewel gevalle reeds weke gelede aangemeld is, was die regering baie traag om hierop te reageer.