Gemeenskap staan saam in ‘donker tye’
ELANDSRAND – Die gemeenskap van Elandsrand het voorbeeld gestel en gewys wat gedoen kan word as probleme opduik om as gemeenskap saam te kan staan. Die Madibeng Local Municipality het aangekondig laas week, dat die naweek geen krag in Elandsrand sou wees as gevolg van herstelwerk wat plaasgevind het by die kragstasie wat Elandsrand se liggies laat skyn in die aande.
Aan die voorpunt van die reëlings was Rld. Eugene van der Schyff saam met die ‘Elandsrand Men’s Forum’ wat ‘n groot rol gespeel het om almal te nader wat bystand gebied het gedurende die naweek se nag patrollies om Elandsrand.
Alle eer aan God wat Sy beskermende hand oor die patrollies gehou het gedurende die nag. Baie dankie aan almal wat donasies gemaak het wat kos, drink goed asook petrol vir die patrollies beskikbaar gemaak het saam met Elandsrand-Vulstasie wat koffie en tee gegee het deur die aand. Dankie aan Monitor Net, PPS Security en die CPF wat bystand gebied het deur die nag. Duisend dankies aan almal wat opgedaag het vir die patrollies asook Rld. Eugene en ‘Elandsrand Men’s Forum’ vir die initiatief om die gemeenskap te beveilig gedurende die krag onderbrekings.