Diefstal van kragbokse nou die nuutste

BRITS – Ons dorp loop tans deur onder diefstal van watermeters wat talle woonhuise in Brits sonder water laat. Wat by die kopseer bydrae, is die diefstal van kragbokse wat orals in Brits geteiken word en nie net huise nie maar strate sonder krag laat. Vanoggend net na 01h00 is ‘n kragboks in Acacia laan, Brits uitmekaar gehaal en alle elektriese drade is geknip wat huishoudings sonder krag laat. Daar is gerapporteer dat die misdadigers alreeds Woensdag die week ook die kragbokse in die straat geteiken het. Talle inwoners kla ook oor die instandhouding van kragbokse wat oop staan en nie gesluit is nie, soos in Ludorf straat gesien kan word. Die munisipaliteit is ingelig oor die diefstal en herstelwerk word tans voor gewag.