Verdagte gearresteer na vragmotor kaping
BRITS – Secra Security het n oproep ontvang dat ‘n gekaapde vragmotor wat onderweg was van Johannesburg na Zimbabwe van roete af is en in ons naby geleë area beweeg. Die Secra span het dadelik gereageer en die vragmotor binne enkele minute opgespoor. Een verdagte is gearresteer wat nog sittend was in die vragmotor.
Met verdere ondervraging met die verdagte is dit vasgestel dat die drywer weg is en dadelik begin ondersoek instel, omstreeks 4 ure later is die drywer in Pretoria gevind. Daar is kontak gemaak met die eienaar van die vragmotor wat in die buiteland is en asook bevestig dat die vrag nog in plek is. Die verdagte is oorhandig aan Brits SAPS en ‘n saak van kaping en ontvoering is oopgemaak.
Groot dank aan alle groepe betrokke:
Brits SAPS
Secra Sekuriteit
Gauteng Highway patrol
Afriforum
GPF