BREAKING NEWS: Wagpos pad saga – ‘Dis ‘n regte skande, sies man!’

BRITS – Een stap vorentoe…twee stappies terug. Politiek en dispuut oor wie, wat en waar die pad kan herstel, verhinder die regmaak en oplossings rakende die Wagpos pad saga. Spanne vanaf die Madibeng Munisipaliteit het wel ‘n wal gegooi wat keer dat die rou riool in die pad inloop, maar na die afgelope reën, waarvoor ons almal baie dankbaar is, het eenvoudig net die wal weer oorspoel en die oplossing was net tydelik.
Navrae aan die munisipaliteit se gebrek aan herstel werk op die pad word geantwoord met leë beloftes sonder aksie. Raadslede vanaf die DA sit daagliks druk op talle mense in posisies wat die probleem gou kan oplos, met geen vrugte gepluk sover nie. Die munisipaliteit het wel “geantwoord” dat daar ‘n stootskraper gereël sal word om dele van die pad te skraap. Asook dat in Van Deventer straat slaggate herstel sal word.