BREAKING NEWS: Padwerke vorder stadig maar seker

BRITS – Padwerke buite Brits op die Wagpos pad het begin met onsettend baie politiek en dispuut oor wie, wat en waar die pad kan herstel. Tussen deur alle hindernisse wat ervaar word, is dele van die pad wel herstel. Daar is ongelukkig nog rou riool water wat langs die pad opdam wat vanaf ‘n geblokte drein in Oukasie vloei en gekeer word dat dit weer in die pad beland deur ‘n sloot wat gegrawe is. Die gemeenskap is dankbaar vir almal wat bymekaar kom om die situasie te verbeter vir die veiligheid van motoriste asook die skool kinders wat daagliks van die pad gebruik maak.