Afrikaanse Tannie gee koperdief hard pakslae!

*Nie vir sensitiewe kykers nie*
PORT ELIZABETH – ‘n Video wat tans die rondtes maak op sosiale media wys hoe die vrou ‘n man wat vasgebind is met ‘n lang voorwerp pakslae gee. Die onbekende vrou is duidelik woedend tydens die video, aangesien sy die man 42 keer geslaan het. “Julle steel mos die koperpype né. Ek sal jou moer. Ek sal jou moer, want julle wil nie hoor nie. Ons is ou mense.” – kan sy woedend gehoor word terwyl die owerhede bystaan en toekyk.
Volgens die plasings op sosiale media was die man vasgetrek nadat hy koperpype gesteel het. Daar is geen verdere inligting oor die voorval wat volgens berigte in Gqeberha plaasgevind het nie. Meeste sosiale media gebruikers het die vrou verdedig vir haar dade.