Buurtwag lede vang vermeende water meter dief
BRITS – Afriforum Brits Buurtwag ontvang inligting rakende twee verdagtes wat besig is om ‘n water meter by ‘n huis te steel in Kerk straat. Buurtwaglede reageer na die toneel toe, waar die eienaar van die perseel die verdagtes indentifiseer. Die Buurtwag lede kon daar in slaag om een van die verdagtes te vang waarna die verdagte oorhandig is aan die Polisie en ‘n saak is deur die eienaar van die perseel geopen.
Afriforum Brits doen ‘n beroep aan die publiek om asseblief sake te open by die Polisie en in kontak met Afriforum Brits Buurtwag te kom sou u ‘n saak geopen het sodat wanneer verdagtes gevang word ‘n ondersoek geloods kan word om te kyk of die verdagtes nie verbind kan word met ander misdade nie. Afriforum Brits Tak bedank al sy lede en Sekuriteits maatskappye wat betrokke was.