Verdagtes vlug na “spikes” in pad gepak was

BRITS – Afriforum Brits se Protospan ontvang inligting vanaf Brits Polisie waar daar gevra word om bystand te verleen rakende ongeveer agt verdagtes wat besig was om op die N4 naby die Hernic afrit rigting Rustenburg spikes in die pad te sit. Protospan lede reageer na die toneel waar die verdagtes laaste gesien was, daar word gebruik gemaak van die Drone wat die area gefynkam het maar die verdagtes het vermoedelik reeds in die nabye lokasie in gevlug. Planne is in plek gesit tussen die Polisie en Protospan sou daar ‘n volgende voorval wees. Baie dankie aan Afriforum Brits Tak asook al sy lede en Brits Polisie wat betrokke was in hierdie voorval.
Sigbare Reaksie:
Afriforum Brits Tak
Brits Polisie
OP08
L01
V05