Afriforum Brits met samewerking vanaf SAPD Brits, Sekuriteits maatskappye asook GPF lede neem deel aan nasionale aksie

BRITS – Afriforum Brits Buurtwag neem deel aan ‘n nasionale aksie wat deur Afriforum hoofkantoor gelei is. Hulle was 1 van 160 buurtwagte regoor die land wat vanaf 10 Maart 2023 begin het met die voorbereidings vir 20 Maart 2023 se protesaksies. Ontplooiing het begin op Sondag middag in samewerking met verskeie afdelings in die SAPD uit die Noord-Wes provinsie en die SAPD Brits, Sekuriteits maatskappye, GPF Brits en SEKTOR 4 GPF Bokfontein nedersetting.
Toegangsroetes na Brits asook die N4 is gemonitor deur observasieposte en gereelde patrollies.
Goeie beplanning en reaksie het verhoed dat die betogers paaie versper, of om nog betogers te mobiliseer en die plaaslike bevolking te intimideer. Blokkasies, van stukkende glasbottels, betonblokke, klippe asook brandende bande, takke en afgesaagde bome is deur georganiseerde optredes van alle instansies verwyder.
Bemanning van observasie poste, gemeenskaps patrollies was tot laat Maandag aand op bystand en het voortgegaan om die situasie te monitor waarop dit duidelik geraak het dat Brits distrik na normaal kon terug keer. Dit is duidelik dat gemeenskappe regoor die land ‘n verskil wil maak en bydra tot gemeenskaplike veiligheid. Een optrede wat vir ons uitgestaan het was die reaksie van die plaaslike bevolking in Bokfontein (GPF SEKTOR 4 BOKFONTEIN) is vroeër die week deur SAPD Brits gestig.
Nadat hulle gesien het vir ‘n tweede keer hoe gewerk word deur die instansies om die versperrings te verwyder het Bokfontein GPF nader gestaan en beheer geneem oor die ontwrigting wat die destabileerders veroorsaak. Die span van Bokfontein GPF het die destabiliseerders verjaag en die area beveilig.
Elke keer wat die span van Bokfontein GPF die destabiliseerders gewaar het hulle kontak gemaak met ons Operasionele spanleier en so is al die ander instansies in kennis gestel en saam het ons bystand gelewer. Wat ‘n verskil bystand aan so n klein gemeenskap beteken het is dat hul met selfvertroue kon optree teen die destabiliseerder, wie se fluitjies stil geword het in die nag. Selfdoen is beter as niks doen nie.
Afriforum Brits Tak wil graag al sy lede, die Polisie, Sekuriteits maatskappye en die GPF wat deur die nag die Dorp veilig gehou het bedank. Alle eer aan ons Hemelse Vader, wat ons gelei het tydens die aksie.
Sigbare Reaksie:
Afriforum Brits Buurtwag
Afriforum Brits Protospan
Brits Polisie
PPS Sekuriteit
Protego Security Group
Monitor Net
Secure Guarding
Secra Fencing & Security
GPF Brits
GPF Sektor 4 Bokfotein
Bapong Verkeersdepartement