Owl Rescue Centre spook sedert Maandag om Krokodil te vang in riooldam
HARTBEESPOORT – ‘n Klein nylkrokodil wat twee weke gelede ontdek is by ‘n rioolplaas in Hartbeespoort het sedert homself tuis gemaak by een van die aanlegte se damme. Lede van die Owl Rescue Centre het vanaf Maandag probeer om die krokodil te vang. Brendan Murray van Owl Resue Centre sê dat werkers hom gekontak het oor die krokodil wat vir 2 weke al gesien is by die riooldam, om dit te verwyder.
Dit gaan ‘n paar dae neem om die krokodil te probeer vang waar dit uit die dam gelok moet word met kos, maar as alle ander pogings misluk sal hulle soos die “Crocodile-Man, Steve Erwin” die reptiel moet stoei om hom gevang te kry. Die publiek kan ook gerus wees dat daar geen gevaar vir hulle is nie, bevestig Murray.