Afriforum Brits met hulp van polisie en sekuriteits maatskappye arresteer verdagte met ses sakke koper

BRITS – Een van Afriforum Brits se lede het gerapporteer dat daar hidrant krane van sy spilpunte afgesteel is in die Roodekoppies area. Reaksie lede was ontplooi na die area waar die verdagtes laaste was asook die omliggende area. Informasie word bymekaar gemaak en reaksie lede was uit gestuur om by die skrootwerwe te gaan ondersoek instel in die area. Met die aankoms by een van die skrootwerwe word die gesteelde goedere opgemerk deur reaksie lede wat sien hoe een van die werkers van die skrootwerf besig was om die gesteelde goedere stukkend te kap.
Die 2de verdagte wat vermoedelik die gesteelde goedere na die skrootwerf gebring het, het ongelukkig weggekom. ‘n Verdere ondersoek is toe geloots na die skrootwerf en sakke vol koper word toe gevind op die perseel. Afriforum Brits het dadelik met die Polisie in verbinding getree en die Polisie was kort daarna op toneel om die saak verder te ondersoek. Een verdagte is gearresteer en ongeveer ses (6) sakke vol koper is gekonfeskeer deur die Polisie. Afriforum Brits Tak wil graag Brits Polisie en Sekuriteits maatskappye bedank vir die spoedige optrede.
Sigbare Reaksie:
AfriForum Brits Buurtwag lede
Brits Polisie