Rondloop leeu gesoek op die R511 – Hennops staproete

HARTBEESPOORT – Volgens ‘n woordvoerder van Strategic Response Rescue Unit, Arthur Crewe, is die dier vanoggend vroeg vir die eerste keer langs die R511 pad naby die Hennops staproete gesien. Crewe het gesê ‘n soekspan het na 14:00 die leeu opgespoor en dat ‘n veearts onmiddelik ontbied is om die groot kat te probeer verdoof. Dit is tans nie bekend waar die leeu vandaan kom nie, aangesien niemand van hulle diere as vermis aangemeld het in die area nie.