Braam du Toit: Boerseun met die goue stem!

BRITS – Braam du Toit het weereens sy verskyning gemaak met ’n trollie, die keer gebrandmerk met die Ford logo by die opening van die nuwe Ford Brits Service & Sales sentrum by die Magalies Hills Shopping Centre . Hy het ook ’n item gelewer van Riaan Benade se Spontaan. Braam, mag jy nog ver kom met jou talente, ons is trots op jou jong man!
Hy het opslae gemaak op sosiale media vroeër die jaar toe sy vriende hom uitgedaag het om hard en luidrugting te sing terwyl hy ‘n winkeltrollie stoot by ‘n winkelsentrum in Uvongo in KwaZulu-Natal. Braam du Toit se video het soos ‘n veldbrand versprei deur die hele Suid Afrika en baie aandag gelok wat die mense se hartsnare geroer het.